‘Die Blou Seekat’ het vastrapplek in Stilbaai-Oos gevind.
Dié enigste aan die oostekant van Stilbaai, is perfek geleë langs die kafee in Hoofweg-Oos by die eerste stopstraat en is in die hande van Adolf Botes en Johannie Vermeulen wat bekend geword het vir hul groot verskeidenheid uitgesoekte wyne en netjiese winkels, Stilbaai Kelders, in Voortrekkerstraat in Stilbaai-Wes en Oppie Hoek (op die hoek van Hoofweg-wes en Buitekantstraat).
“Ons wil deur middel van Die Blou Seekat-drankwinkel aan kliënte in Stilbaai-Oos dieselfde diens lewer as wat ons by Stilbaai Kelders doen alhoewel ons vanweë die beperkte ruimte ongelukkig nie dieselfde hoeveelheid voorraad, en veral wyn, daar kan aanhou nie,” sê Botes.
Kopers is egter altyd aangenaam verras deur die hoeveelheid en verskeidenheid produkte in die nuwe winkel en die Mi Liquors Blou Seekat is altyd gereed vir die vakansiebesoekers. Kliënte wat uit meer as 850 wyne wil kan kies en sommer verdere aankope doen terwyl hulle in die weste is, kan Stilbaai Kelders besoek terwyl diégene wat nié oor die brug gaan nie, wel die ander gewilde produkte by Die Blou Seekat sal kry.

Blou Seekat

Ys is ook hier beskikbaar asook gesuiwerde water wat hiér getap kan word.
‘Mi Liquors Die Blou Seekat’ is daagliks (behalwe Sondae) oop van 9:00 tot 18:00 en tot 20:00 gedurende Desember-vakansies.
Besoek gerus hul Facebook-bladsye – Die Blou Seekat Drankwinkel  en Stilbaai Kelders – vir meer inligting.

Einde