TOP-GEHALTE WATER BY CRYSTAL STREAM (STILBAAI)

PROMOSIE-ARTIKEL

Feit: Stilbaai en Jongensfontein se water is brak en alhoewel baie reeds vir jare daaraan gewoond is, maak heelwat inwoners en besoekers eerder gebruik van reënwater (as daar ‘n reënwatertenk by jou huis is) of hulle koop water.
Crystal Stream spesialiseer reeds vir amper ‘n dekade in die proses van Omgekeerde Osmose (‘Reverse Osmosis’) – ‘n watersuiweringstegnologie om water skoon te maak – en is nou gerieflik in die Indrafsentrum langs die OK Grocer in Hoofstraat-Wes geleë (daar is ook ‘n waterhervulpunt binne die OK!) van waar jy waterhouers kan hervul of water kan koop. Hulle kan selfs jou water dieselfde dag by jou voordeur aflewer!
Die eienaar, Riaan Moag, is ‘n watertegnikus en het baie jare se ondervinding van Stilbaai se water. Hy installeer ook huishoudelike en industriële suiweringsstelsels insluitende drukpompe vir watertenke terwyl hy watersuiweringsstelsel ook diens, onderhou en herstel.
Crystal Stream bied selfs meer produkte en dienste:

    • Waterhervul (R1.10/liter)
    • Gebottelde water insluitende vonkelwater
    • Ys
    • Waterhouers
    • Filters vir watersuiweraars; waterversagters en buite-sisteme
    • Installering en onderhoud van suiweraars

Maar wag, daar is meer! By Crystal Stream kan jy nou ook heuning koop! ‘Honey On Tap’ is beskikbaar in drie geure: Bloekom; Lusern- en Bloekommengsel of Fynbos.
Vir water van hoogstaande gehalte, besoek gerus die vriendelike familie by Crystal Stream!
Kontak vir Riaan Moag by 082 702 7669 / (028) 754 1474 en volg Crystal Stream on Facebook
E-pos : stilbaai@crystalstream.co.za

Einde