Ons het nie ‘Northern Lights‘ hier nie, maar bioluminescence!
“Ek kon nie slaap nie en het omstreeks 3:00 opgestaan. Ek het uitgegaan om bietjie vars lug te skep toe ek iets skouspelagtig sien, iets wat min mense die geleentheid kry om te sien,” skryf Stilbaai-inwoner, Marthinus Strydom op Facebook.

“Ek het my kamera gegryp en strand toe geloop waar ek probeer het om die skouspel vas te vang. Dit was moeilik omdat daar geen maan was nie en baie min natuurlike lig. Die gloeiende blou golwe is bioluminessensie – klein plankton mikrobes wat deur die getye rond gespoel word waar hulle chemiese energie na lig energie omskep.”
Image may contain: water, outdoor and nature

Foto: Marthinus Strydom