Stilbaai Kelders, dié wynboetiek met meer as 700 wyne, ‘n groot verskeidenheid craft bier en -gin asook al die ander gunstelinge, is vyf jaar oud.
Baie geluk aan die eienaars, Adolf Botes en Johannie Vermeulen!

‘n Wye verskeidenheid spiritualieë is hier beskikbaar asook enkelmout-whiskey en potketelbrandewyne terwyl die groot vonkelwynversameling iets vir elkeen bied.
Besoek gerus ook hul deli-afdeling met kase asook olyfolies en -produkte wat die wyne komplimenteer.
Daar is ook geskenke terwyl die winkel ook glase verhuur. Hulle bied gereelde wynproefunksies aan en wynliefhebbers kan ook aan hul wynklub behoort.
Stilbaai Kelders is geleë in Voortrekkerstraat 17
Gaan loer gerus in en kyk wat se spesiale verjaardagaanbiedinge beskikbaar is.
Tel: (028) 754 1655
Image may contain: 2 people, people smiling, text
Einde