Op Sondag, 3 Maart, word die Wes-Kaap se drie finaliste vir vanjaar se Kwêla Dorp van die Jaar-kompetisie bekend gemaak en Stilbaai hoop dat dié dorp genoeg stemme gekry het om een van die finaliste te wees. Stemme vind deur middel van sms’e plaas. Indien Stilbaai wél ‘n finalis is, is daar net ‘n week tyd om deur middel van sms’e te stem met 30 sms’e per nommer wat toegelaat word.
Stilbaai was in die verlede al in die finale ronde in die Wes-Kaap, maar het nog nie na die finale ronde deurgedring nie. Mosselbaai het in 2017 met die Dorp van die Jaar-titel weggestap.
Kyk dus Sondag (3 Maart) om 18:00 op kykNET kanaal 144 – en spaar solank die sms’e en lugtyd, net vir ingeval… 

Einde