Om ‘n smaaklike ete by Kleinbergskloof Olive Estate te geniet terwyl jy oor die groen lowergroen grasperke en die Goukourivier uitkyk, is beslis ‘n ‘moet-doen’ terwyl jy met vakansie in Stilbaai is.
Ry met Waterblomstraat verby die kwekery vir ongeveer 2 kilometer en draai regs in by Kleinbergskloof Olive Estate en die olyf- en reuse bloekombome by die spierwit gebou, laat jou dadelik rustig voel.
‘n Uitsig oor die rivier is moontlik van al die tafels in die restaurant en is voorwaar ‘n lus vir die oog. Só ook is die etes wat deur drie sjefs voorberei en keurig voorgesit word.
En volgens die eienaar, Hennie Volschenk, is die meeste van die organiese produkte afkomstig van die plaas self.
Die restaurant, wat ook vir troues gebruik word, kan 125 gaste bedien.
Hulle is ook baie trots op hul olyfprodukte van veelvuldige variëteite en hul olyfolies het reeds verskeie goue toekennings ingepalm. Daar is ook heerlike gemarineerde tafelolywe, olyf- en uiemarmelade en olyfsalsa asook ‘n verskeidenheid ander ingelegde olyfprodukte. Hul bekende olyfblik met die vrouegesig, is uiters gewild en is beskikbaar is verskeie groottes.
Bespreek ook vir hul olyfproe-inligtingsessies. Dit word deur Hennie aangebied wat passievol oor sy olyfprodukte is en self by elke stap in die proses betrokke is.
FEITE
?Ontbyt is van 9 tot 11vm
?Middagete: 11vm tot 3nm
?‘Platters’ met heerlike wyne: 3 tot 5nm
?Oop op Sondae, gesluit op Maandae.
?Volgende olyfproe: Dinsdag, 2 Jan 2018 om 4:30nm
?Kyk uit vir die Kleinbergskloof Restaurant wat in die toekoms meer permanent oop gaan wees!
?Besoek hulle op Facebook: https://www.facebook.com/kleinabergskloof/
?Bespreek vir ‘n troue of funksie
?Tel: (028) 754 3181