Uiteindelik het die jaarlikse Kersfees in Julie in Stilbaai aangebreek en terwyl daar sommer baie spesiale aanbiedings by verskeie besighede en instansies is, vind daar ook heelwat aktiwiteite plaas.
Daar is oa ‘specials’ by:
Allegaartjie, Fynbos Apteek Stilbaai, Body Basic Professional skin care & therapeutic massage, Branded DvD Stilbaai, Stilbaai Kelders, Susan Roos Juwele, Gister-Se-Goeters, Lyfie Boutique, Die Blou Seekat Drankwinkel, FemmeFit Beauty, Tabeel Stilbaai, Sitterus Akkommodasie Stilbaai, Namo en Scoops Roomys. Gaan loer gerus na wat alles hier aangebied word.
Inligting is ook op die Stilbaai Christmas in July Facebook-bladsy.
Die hoogtepunt van die week is die straatmark, Vrydagaand van 5 tot 9 nm. in Voortrekkerstraat!
Met lekker musiek, kersliggies, baie stalletjies wat heerlike kos en ander snuisterye verkoop, Kersvader wat geskenkies vir die kinders bring (7nm) en ‘n wynproe by Stilbaai Kelders, is dit beslis iets om nie te mis nie. Boonop gaan dit verseker weer gedurende die aand ‘sneeu’…
Kyk wat gebeur intussen nóg dié week in Stilbaai:
– Dinsdag van 2 – 4 nm. kan kinders kan by Hillside Kitchen leer om cupcakes te versier én hulle kan hul kolwyntjie huis toe vat! Kontak vir Lara’s Theme Cakes om te bespreek.
– Loer Dinsdag van 10:00 af ook by Bay Linen Stilbaai in en kyk na die mooi kunswerke wat die kwilters hier uitstal.
– Moenie Woensdagaand se Kerrie & Sjerrie by Stilbaai Toerisme / Stilbaai Tourism (5 – 8 nm.) mis nie. Ontmoet Stilbaai se eie kokkedoorfinalis en hoor hoe hy kerrie maak!
– Speel Woensdag vanaf 1:30 nm. rolbal by Stilbaai Rolbalklub – almal welkom!
– Gaan kuier by Oudewerfskloof Olive Farm en proe hul olywe en ander produkte (Woensdag van 10 vm tot 3 nm.)
– Bespreek vir Steve Ashley se vertoning Donderdagaand by The Stables Eatery & Bar. Musiek van die 60’s, 70’s en 80’s.
– Vrydagaand is dit STRAATMARK!
– Saterdagaand is Chrismassy-tema by Karibu Pub & Lounge!
Die Stilbaai Christmas in July-program is ook in dié week se Suid-Kaap FORUM.
Dit is dalk winter in Stilbaai, maar dié week is dit ‘n spesiale winterweek!