Die ‘Tafel van Vrede’, die langste tafel wat in Rooipitjieweg in Melkhoutfontein vir ‘n duisend gaste gedek word, vind weer Donderdag, 30 November om 18:00 plaas.
Dié geleentheid word vir die derde agtereenvolgende jaar weer deur Badisa Stilbaai, die Stilbaai SAPD en Ouma Lena se Huis van stapel gestuur en indien dié inisiatief weer so goed soos laas jaar ondersteun word, behoort in die omgewing van ‘n duisend mense dié ete by te woon.
Kaartjies vir vanjaar se geselligheid is by bogenoemde organisasies beskikbaar en kos R20pp.
Dit is nie al nie – Vrydagaand (1 Desember) tree die Afrikaanse hip-hop-kunstenaar, HemelBesem oftewel Simon Witbooi, in die Melkhoutfontein gemeenskapsaal op. Lees meer oor dié gewilde kunstenaar hier. Kaartjies vir sy optrede kos R20 per persoon – wees daar!

Die ‘Lang Tafel van Vrede’ is voorwaar ‘n vrolike geleentheid om by te woon en lekker saam te kuier.
Einde