Kasselshoop Farm Run – 1 Des. 2018

Kasselshoop Farm Run / Walk – #1 van die Vakansiereeks: 1 Des.

Baie dankie aan almal wat deelgeneem het.
Daar was 41 deelnemers wat ‘n spanbougroepie ingesluit het en sommer heelwat nuwe deelnemers.
Jong Schalk Fouché van Laerskool Bertie Barnard was eerste by die einde en het die 5.5km roete in 31min 30s kafgedraf met Monica Botha, wat vir die eerste keer deelgeneem het, wat die eerste dame by die einde was.
Baie dankie aan Rianda Rabbets vir die foto’s (hoë-kwaliteit foto’s is beskikbaar) en aan Knusbus Travels wat aangebied het om deelnemers gratis van Stilbaai te vervoer – en sommer deelgeneem het!
Dankie ook aan Kasselshoop Cheese vir hul gasvryheid by die Old School Proelokaal – dit was heerlik!
Kyk gerus wat word alles dié vakansie by Kasselshoop Cheese aangebied.
Die volgende Kasselshoop Farm Run / Walk vind dié Saterdag, 8 Des. weer om 8:00 plaas.
Sien julle daar!