Kasselshoop Farm Run – 8 Des.

Met ‘n bietjie reën wat die vorige dag geval het, was dit Saterdag (8 Des) weer eens ‘n heerlike #FarmRun by Kasselshoop Kaas​.
Die 5km-roete het dié keer nie baie sand gehad nie en was ook redelik plat.
Conrad Watt was eerste by die einde in ‘n tyd van 20min 40s en sy vrou, Janeane Watt​, derde en die eerste dame. Die jong laerskool-drawwer van Riversdale, Luan van Tonder, was tweede (26min 48s) met die gereelde Stilbaai-deelnemer, Johan Barnard, vierde (28min 10s) met nóg ‘n skolier, Christiaan du Preez 5de (20min 20s).
En terwyl daar deelnemers was wat bietjie hul fiksheid wou toets, het ander die beeste van naderby bekyk met families wat die tyd gebruik het om verlore geselstyd in te haal.
Dit was heerlik om heelwat nuwe deelnemers te verwelkom en ook weer bekendes en gereelde deelnemers te sien.
Dankie aan Kasselshoop Cheese vir die gesellige kuier by die Old School Proelokaal na die tyd. Kontak hulle gerus om Kasselshoop-kaasproe met wyn, bier, brandewyn en whiskey te bespreek.
Hier is die resultate en mooi foto’s wat Rianda Rabbets​ geneem het. Kontak ons gerus indien julle van die foto’s sou wou aanskaf.
Die derde vakansie-FarmRun vind Saterdag, 15 Des. om 8:00 plaas.